28 Yster Street, Polokwane
Tel: 015 293 0105

User login

Stetson Sampioen Broodjie - soos op Groot Ontbyt gesien!

Summary

Yield
Servings
SourceCrown National & Groot Ontbyt
Prep time
30 minutes
Cooking time
30 minutes
Total time
1 hour

Description

Hierdie resep is deel van die Crown National “Are You Bok for a Braai Weekend” promosie. Hoekom net op Braaidag braai – maak hierdie jaar ‘n naweek daarvan saam met Crown National!

Stetson burgers, Ouma’s boerewors, Six Gun Grill braai speserye, Meisterclub marinades en Jimmy’s Steakhouse sous beskikbaar by slaghuise en uitgesoekte supermarkte landwyd.

Hierdie maand kan jy boonop die wenner van ‘n Weber gas braai wees – kyk uit vir kompetisie besonderhede beskikbaar in deelnemende winkels.

 

Ingredients

30 ml
Olyf Olie
100 ml
Water
70 g
Stetson Spesery Mengsel
500 g
Maalvleis
20
Swart Sampioene
1 c
Gerasperde Kaas
3
Tamaties (In skywe gesny)
375 ml
MeisterClub Peper of Knoffel Sous

Instructions

Hidreer die Stetson spesery mengsel met die water vir 5-10minute, en meng dan met die maalvleis.
Gebruik jou hande en vorm 10 patties (die grootte van die sampioene) van die mengsel.
Braai die patties en sampieoen appart oor matige kole tot gaar om die frikkadelbroodjie te bou:

Pak 10 van die 20 sampioene uit, met die steel na bo.

Plaas ‘n skyf tamatie op elke sampioen, gevolg deur ‘n pattie en gerasperde kaas.

Gooi dan Meisterclub Peper of Knoffel sous oor die kaas en plaas die ander sampioen bo-op.